Wat is vanaand op die kassie?

17:00 Woef & Kie (kykNET): Ons ontmoet die oorspronklike klein terriër, die cairn, asook die pragtige wit hond van Rusland, die Samojeed, en leer hoe ’n mens die chinchilla versorg. Daar is terugvoer oor die Wetnose-weesdiere en ’n draai word gemaak by die Nasionale Troeteldierdag-feesviering.

19:30 Kwêla (kykNET): Dis die derde groep video’s in die Feite & Geite-afdeling van die amateurvideowedstryd. Die gaste sluit in Jody Abrahams en Leon Kruger van Treknet, die draakbootgeesdriftige Marelize Dingman asook Josh Thirion, wat op nege die jongste gepubliseerde skrywer in Suid-Afrika geword het met sy boek, Kook met Josh.

20:30 The Mentalist (M-Net): Die span ondersoek die moord op die eienaar van ’n afgeleë toeristedorpie in die Wilde Weste. Kirkland probeer uitvind wat Jane van Red John weet.

20:30 Reis na Gister (kykNET): Die aanbieder, Jak de Priester, besoek die Dakar-resieswenner Giniel de Villiers in die Paarl, sy tuisdorp.

21:30 Family Tree (M-Net): Tom het eindelik ’n werkonderhoud en ontdek hy het familie in die Britse graafskap Derbyshire en Amerikaanse deelstaat Kalifornië.

22:00 Supernatural (SABC3): Terwyl Dean op Dick se spoor is probeer Sam die meisie help wie se pa vermis geraak het.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.