17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Sonja betrap Nico wat rondkrap in die Villa. Fritz en Maryke het ’n openhartige gesprek. Saskia lê die reëls neer vir haar en Gunther se vriendskap en hulle projek.

18:30 7de Laan (SABC2): Ty en Antoinette is terug van hul naweek weg en meer verlief as ooit. Sal hulle planne uitwerk of wag daar ’n verrassing op hulle?

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Almal het ’n opinie oor Zadie en Nick en die dienskamer gaan onder die Du Preez’s se hande deurloop. At meng weer in by die Jonkers en die meisies sit met ’n nuwe huisprobleem.

20:30 The Amazing Race (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers om die wêreld rits om die een miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees is ’n unieke gebreutenis. Thomas Erlank, een van die organiseerders, is vandeesweek ons gasaanbieder.

20:30 Kyk wat maak ons nou (KykNET): Ons kuier by mense regoor Suid-Afrika en kyk wat hulle met verbeelding, goeie planne en deursettingsvermoë regkry om vir hulself en ander geleenthede te skep vir ’n suksesvolle toekoms.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.