18:00 Villa Rosa (kykNET): Almal in die Villa sit hul beste voetjie voor vir die groot oomblik toe die kameras gaan begin rol, maar weereens is Sally nog nie gereed nie en die inwoners begin rusteloos raak. Sussie raak ál bekommerder oor wat Fritz van die werklikheidsprogram sal sê. Daar is weer aktiwiteit in die tuin en die Villa se sekuriteit word opgeskerp.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia neem deel aan die eerstehokkiespan se proewe, maar gaan sy die span haal? Bernard verras Danelle en Jaco terwyl hulle mekaar passievol omhels.

18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie dink hy het ’n oplossing vir Okkie se probleme. Wimpie raak ontsteld oor goed wat by Eikehof wegraak. Margot hoor presies waarom Daleen nie van haar hou nie. At het eindelik ’n kompliment vir iemand. Quinton is bekommerd oor ’n nuwe vriendskap wat vorm.

18:30 I wanna Marry ‘Harry’(M-Net): Liefde is in die lug toe ’n doodgewone Engelsman hom as prins Harry voordoen vir 12 enkellopende vroue van Amerika wat op soek is na hul eie prins.

19:30 Fiësta (kykNET): Die Fiësta-span en gas-aanbieders, die groep Tribal Echo, het bietjie by Franschhoek se Oesfees op die Solms Delta-wynlandgoed gaan inloer. Hierdie feestelikheid wat die einde van die oes vier, is ’n taamlik prettige makietie met verskeie tradisionele Kaapse sangers, kore en dansers, wat kleur aan die feestelikheid verleen.

19:30 Isidingo (SABC3): Charlie is nêrens te sien nie. Sizwe se opgewondenheid oor sy nuwe werk is van korte duur. Agnes kry ’n onverwagse geskenk van Lerato, maar is kwaai geskok toe sy agterkom wat dit werklik is.

19:30 Royal Pains (M-Net): Hank se nuwe pasiënt is ’n plaaslike polisieman met ’n rebelse tiener. Evan en Paige raak gemaklik in hul nuwe huis. Divya vind uit dat haar lewe ingewikkelder gaan wees met die nuwe veranderinge.

20:00 Proesstraat (kykNET): Hoe moeilik kan dit dan nou wees om ’n Afrikaanse sokkietreffer te skryf? So wonder van Heerden ook met sy kommersiële aspirasies, en hy vra die pelle om hom die volgende Pampoen te kom help skryf.

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Boetie en Colin se vriendskap word herstel toe hulle hoor George, die resiesperd wat die Million Rand Handicap gewen het, weens steroïedgebruik gediskwalifiseer is.

20:30 Survivor 23: South Pacific (SABC 3): Deelnemers is gestrand op ’n afgeleë eiland met net die bietjie klere wat hulle aanhet en moet teen mekaar meeding vir oorlewing en vir die wengeld.