Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Maryke speel lustig voort maar dit lyk of een van haar spanmaats lont ruik. Nico poog om Astrid se plan vir Stef te volvoer en word uitgevang. Fritz probeer vrede in die Villa handhaaf en terselfdertyd vir Stef ondersteun. Marius is onseker oor sy gevoelens en Astrid los vir Gunther ‘n paadjie van broodkrummels. Lei dit na iets waardevol of is dit haar laaste lag?

18:30 7de Laan (SABC2): Antoinette probeer uitvind wie sy is en waar sy vandaan kom... Ty is al een wat haar kan help. Die Hillside Times ontvang goeie nuus oor die gesteelde geld.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa kry ‘n moeilike taak om te verrig, en die meisies het geen keuse as om by die woonstel te oefen nie. Cheri-Lee se planne om geld te maak is nie altyd so betroubaar nie, en Rian en Jana praat oor haar beginsels. Morné se goeie daad blyk nie waardeer word nie, en Okkie wil iets persoonlik by Naomi weet.

20:30 Jou Show (KykNET): Dit is die laaste episode in die reeks en Brandon October kom kuier in die ateljee. Crystal-Donna Roberts kom hou haar mooi voor ons kameras. En, as 'n lekker verrassing, kom Wicus en Anne dié keer saam in die ateljee kuier en deel hierdie seisoen se agter-die-skerm stories!

20:30 The Amazing Race (SABC 3): Kyk hoe deie deelnemers om die wêreld rits om die een miljoen dollar prysgeld te wen.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Nashville (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.