treknet

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Sjefs uit alle uithoeke van Australië ding mee in verskillende kookuitdagings om hul kookvernuf op te skerp.

*Neem kennis: 7de Laan word vanaand op SABC3 uitgesaai en nie soos gewoonlik op SABC2 nie.

18:00 7de Laan (SABC 3): Nadia ontvang haar skooluitslae. Is daar ’n vriendskap aan die ontwikkel tussen Gita en Antoinette?

18:30 7de Laan (SABC 3): Henk kry werk in Hillside en Kim ontdek ’n nuwe kant van hom. Sal Annelie ’n winsgewende modelkontrak van die hand moet wys?

19:30 Fiësta (kykNET): Sebastian Beaumont van Beaumont Wyne is die gas aanbieder. Kyk wat is die witwarm tendense in die wynwêreld tydens ’n besoek aan die Nederburg-veiling.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Alex onthul ’n emosionele geheim aan Jo. Die dokters hou ’n geldinsamelingsdans wat baie mededingend raak.

20:00 Treknet (kykNET): Twee diewe rand John en Boet op die strand aan en ’n veiligheidsmaatskappy bied hul diens aan.

20:30 Survivor XXIII: South Pacific (SABC 3): Die 23ste seisoen van dié gewilde reeks begin. Altesaam 16 nuwe deelnemers ding op twee eilande in die Stille Oseaan naby Samoa mee om die groot prys.