17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die eenvoudigste ete word ’n meesterstuk wanneer dit op ’n treffende of klassieke bord voorgesit word. Van tydlose ontwerpersborde tot eenvoudige, bekostigbare breekware, is ’n stel mooi borde ’n belegging en nalatenskap vir jou familie. Nataniël wys sy gunstelingborde en berei geregte wat by elkeen pas. Sjef Bertus Basson kom wys ’n treffende gereg vir ’n treffende bord.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Stef trek met sy werkgoed by Vicky se woonstel in en sy verwens haar dat sy hom genooi het om dit te doen. Wouter en Mari staan op vertrek, toe maak sy Fritz ’n onverwagse aanbod. Intussen wil Astrid steeds Wouter se Villa-aandele hê.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita hoor nuwe gerugte oor Lynette. Gaan Herman en Felicity Irma se geheim uitvind?

18:30 Binnelanders (kykNET): Daar is definitief sonde met die bure, en Jana ontvang ’n onverwagse oproep. Pilates is nie vir almal beskore nie, en Quinton bring Margot van stryk, terwyl Pippa en haar mede-aanbieder nie langs dieselfde vuur sit nie.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Fiësta (kykNET): Die vierde KykNET-Silwerskermfees is onlangs by die Bay Hotel in Kampsbaai aangebied. Fiësta het die fees bygewoon en Franci Swanepoel is vandeesweek die aanbieder.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Spanne reis die wêreld plat, terwyl hulle teen mekaar meeding vir die titel van The Amazing Race-kampioene, asook die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.