17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 About A Boy (M-Net): Marcus hang saam met Andy en Laurie uit terwyl Fiona en Will op ’n romantiese aandjie uit is.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina probeer sin maak van haar gevoelens vir Marius, terwyl hy Stef se raad oor hul verhouding vra. Dit maak sake moeilik vir Stef, want hy weet ook hoe Paul oor Carina voel.

18:30 7de Laan (SABC2): Maria is meer as gelukkig om Paula te help. Hilda kan haar ore nie glo nie.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET):  Tertius en Daleen kom tot ’n ooreenstemming en Morné wil hom laat toets. At vra Jana ’n guns.

19:40 Greys Anatomy (M-Net): Amelia se dwelmverslawing word by die werk ontbloot. Arizona moet ’n moeilike besluit rakende dr. Herman neem.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Max en Caroline bly in ’n spoggerige woonstel in Manhattan om na ’n paartjie se hond te kyk terwyl hulle met vakansie is.

20:00 Fiësta (kykNET): Vanjaar is die Nederburg Veiling ’n volle 40 jaar oud en word dit in swier en glans gevier. Fiësta was daar om elke oomblik vas te vang en ook so ’n bietjie Nederburg se geskiedenis te gaan delf.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 Jou Show (KykNET): Amor Vittone is in die ateljee en terwyl sy een van haar treffers sing, gebruik Anne Hirsch van Amor se lirieke om met vreemdelinge geselsies aan te knoop! Quanita Adams hou haar laf in die ateljee, maar is sy lawwer as Emo? Wicus maak ’n draai by Bok Radio se ontbytspan en iemand daar stap weg met eier op hul gesig.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Bates Motel (M-Net): Norma begin twyfel in Norman soos daar nuwe bewyse oor mev. Watson se moord opduik.

23:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.