Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode is Molly paniekbevange wanneer sy agterkom sy is besig om fisies te verander.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina probeer die waarheid van Marius weerhou. Saskia doen alles in haar vermoë om Stef te oortuig van haar onskuld. Stef het groot planne om Liam te laat boet.

18:30 7de Laan (SABC2): Pulane kan nie haar nuuskierigheid in bedwang hou nie. Ty is bekommerd oor Gita se nuutste planne. Franco geniet die aandag wat hy in Hillside kry.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Amerika kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): At staan nie terug in 'n konfrontasie nie en Herman is gereed om die handdoek in te gooi. Daleen moet haar man staan teen Tertius. Cindy onthou meer van haar ongeluk.

19:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode vertrek Elizabeth na Venezuela om die geheime bankrekening van haar voorganger te gaan ondersoek.

20:00 Fiësta (kykNET): Ons is in Kampsbaai by die vyfde kykNET Silwerskermfees, waar daar flieks geëet, gepraat en geleef word. Kom deel in die films, kortfilms, dokumentêre films en gesprekke wat alle filmmakers opgewonde maak.

20:00 Fear the Walking Dead (AMC): Vanaand wys die eerste episode in hierdie zombie-reeks weer. ’n Geheimsinnige virus breek uit en verander mense in Los Angeles in zombies.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): In vanaand se episode kom David in die nadraai van die skietery na vore om sy familie te beskerm.

21:30 State of Affairs (M-Net): In vanaand se episode is die span opsoek na vermiste wapens en Charlie word gedwing om die hulp van ’n voormalige teenstander in te roep.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.