18:00 The Big Bang Theory (M-Net): Op universiteit word Sheldon van seksuele teistering beskuldig.

18:27 7de Laan (SABC2): Nthabi ervaar ’n ineenstorting in die kleine. Sifiso en Pulane sal mekaar moet vergewe as hulle hul verhouding wil red.

19:32 Fiësta (kykNET): Die gasaanbieder Hannah Borthwick kuier by die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom, Noordwes.

20:00 Treknet (kykNET): Wiseman vertel Kleinseun hy gaan Bokkom moet verkoop om sy dobbelskuld af te betaal. Kleinseun probeer planne beraam om geld in die hande te kry. Boet besef hy raak oud en dink dis tyd om vrou te vat.

20:30 The Fixer (M-Net): Dubbel episode. Die tweede seisoen eindig. Die Withuis beleef sy grootste skandaal. Cyrus is in die oog van die storm.

21:30 Being Human (M-Net Series Showcase): Nora en Josh ontmoet ’n tiener wat van die huis af weggeloop het en sit vas oor hoe hulle dit moet benader. Sally probeer sake uitstryk met Trent.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.