:

18:00 Villa Rosa (KykNET): Fran is bekommerd oor Anthony wat lusteloos is en nie op sy studies kan fokus nie. Marius probeer Vicky oortuig Carina is nie beenaf op Stef nie, maar sy vertel Isabel van haar vermoede.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman wonder of hy sy siening oor Nadia en Bertus gaan kan verander. Hoe lank gaan Paula nog weier om terug te keer na Altus?

18:30 Binnelanders (kykNET): Daleen en Nina word aangekeer en gedwing om DNS-toetse te ondergaan, terwyl Morné en Ilse stry kry toe die seun weier om huis toe te gaan.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Isidingo (SABC3): Dit lyk asof al die negatiewe mediadekking besig is om Bradley onder te kry, maar Barker sal hom red.S’khumbuzo se obsessie met Palesa het ’n onverwagse uitkoms. Lerato vind dit moeilik om ’n aanlyn video te maak.

19:30 Fiësta (kykNET): Die Jukebox-bootvaart is ’n ervaring soos min en gevul met hope pret! Dan het jy nog die geleentheid om gewilde sterre te ontmoet en met hulle saam te kuier. MoniQue is ons gasaanbieder.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Cristina dink na oor haar toekoms en dit hang alles af van ’n pasiënt se besluit om te lewe of nie.

20:01 Proesstraat (kykNET): Die pelle besluit dis tyd vir selfverbetering en probeer hul fisiese en emosionele kwessies oplos. Die vraag is net: Waar begin ’n mens?