17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Terwyl ons onsself wysmaak dat dit maklik is om families te onthaal, is die teenoorgestelde dikwels die waarheid. Familielede het elkeen sy eie giere en smake en sommige voel dis sy reg om ten alle tye aangehoor of bedien te word. Die gevolg is dikwels meer drama en woede as kos! Nataniël se broer is hier uit Frankryk en saam berei hulle heerlike geregte sonder spanning of ellende.

18:00 Villa Rosa (kykNET):  Marius en Carina ontken steeds hul gevoelens vir mekaar. Stef bring Vicky tot nuwe insigte waar dit hom en Carina aangaan. Fritz is moedeloos toe Fran saam met hom probeer tyd deurbring terwyl hy ander geheimsinnige planne het. Marco slaan Sussie se voete onder haar uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Het Paula regtigoorreageer of het sy die reg om ontsteld te wees? Ty het interessante inligting vir Gita.

18:30 Binnelanders (kykNET): Tandpyn en ’n kunsuitstalling jaag die bloeddruk op in die Ferreira-huishouding. Flip het nuus vir Rian oor Bertha, en ’n koerantberig en At Koster beïnvloed die Jonkers se huiskopery.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Fiësta (kykNET): As jy ’n voorliefde vir wyn het, dit geniet om op wynlandgoedere rond te kuier en nie omgee om dit saam met ’n massa ander geesdriftiges te doen nie, is die Wacky Wine Weekend net die fees vir jou. Een maal ’n jaar span al die wynplase en -landgoedere in die Robertson-wynvallei saam om hierdie reuse makietie vir feesgangers te hou. Allerhande aktiwiteite sorg dat die fees nie net ’n wynfees is nie, maar iets vir die hele gesin bied. Vandeesweek is Mathys Roets en Danie Niehaus die gas-aanbieders.

20:00 Mad About You (e.tv): Paul herontdek sy liefde vir wiskunde toe hy oor Albert Einstein droom.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.

21:30 The Knick (M-Net): Thackery is bekommerd dat dr. Levi Zinberg by ’n geleentheid in New York sy kollig gaan steel.

22:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.