Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Lida vra die Villa Rosers om verdraagsaam te wees teenoor haar dogter. Intussen is Hanna op haar eie missie en Carina en selfs Liam ontgeld dit. Besorgdheid teenoor Fritz se gesondheid neem toe.

18:30 7de Laan (SABC2): Petro ontvang ’n baie hartseer oproep. ’n Skobbejak is in die Laan en Anna red dalk net die dag. Neville is bekommerd oor die Times se reputasie.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana waarsku Jennifer oor Ivanka. Cherilee probeer grense verskuif met ’n fotograaf. Rian kry ontstellende nuus oor Sonette en Christiaan het nie ’n wag voor sy mond nie.

19:30 Madam Secretary (M-Net): Vanaand is die tweede episode in hierdie splinternuwe reeks oor Elizabeth McCord (Téa Leoni), ’n CIA-agent wat as Minister van Buitelandse Sake aangestel word. In haar nuwe pos moet sy met vele krisisse, plaaslik en internasionaal, afreken.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste. Vanaand kuier ons by die Classic for All fees op Greyton.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): Hierdie is die laaste seisoen in dié dramareeks met Emily Thorne wat agter die waarheid van haar pa se dood probeer kom. Intussen neem sy wraak op almal wat haar familie leed aangedoen het.

21:30 Elementary (M-Net): Vanaand is die slotepisode van hierdie gewilde moderne vertelling van die Sherlock Holmes-stories.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.