ouma

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Deelnemers aan die drie vorige reekse keer terug om geld in te samel vir liefdadigheidsorganisasies.

18:30 7de Laan (SABC 2): Gita laat weet sy is siek en kom nie werk toe nie. Antoinette gryp die geleentheid aan om haar en Ty se planne te bevorder.

19:30 Fiësta (kykNET): Daar word teruggekyk na die afgelope jaar se hoogtepunt toe die span interessante mense en nuwe plekke ontdek het.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Meredith en Cristina se probleme bereik breekpunt toe die een die ander verraai. April en Matthew neem ’n besluit oor hul verhouding.

20:00 Proesstraat (kykNET): Waldi is op pad Los Angeles toe om sy drome na te jaag en Melt trek by sy woonstel in. Wikus en Pierre bied aan om hom die plek te help versier.

20:30 Oupa en Ouma (kykNET): Reeks begin. Stanley en Debora hoor hulle gaan oupa en ouma word.

21:30 Bakgat (SABC 2): ’n Skoolseun, Wimpie Koekemoer, droom daarvan om eendag gewild te wees. Sy droom word waar toe die skool se gewildste meisie deur haar kêrel afgesê word en hy van ’n bleeksiel in ’n rugbyspeler verander. Met Ivan Botha en Cherie van der Merwe.