Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Hengelspesialis Petri de Wet en sy gashengelaars besoek Loskopdam, waar die manne reuse groot Swartbaars met kunsaas vang. Petri toets ook nuwe hengeltoerusting en deel 'n paar handige hengelwenke met die kykers.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode spoor Molly, Ethan en JD John se geheimsinnige voormalige kollega op.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky dra 'n vrees binne-in haar rond, tot Marius haar konfronteer en sy 'n onthulling maak. Hanna konfronteer Liam oor sy skokkende verlede en Stef besluit om hom finaal kort te vat.

18:30 7de Laan (SABC2): Felicity besluit om dinge in eie hande te neem. Begin Hilda vir haar aartsvyand om te gee?

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Amerika kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daleen vertel vir At die volle waarheid. Tertius maak 'n belofte aan Sara, en Rian rig 'n waarskuwing aan At. Ivanka deel haar bekommernis oor Okkie met Ilse, en dit word gou duidelik wie Adam in sy visier het.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): In vanaand se episode word April in kwarentyn geplaas ná haar terugkeer van die Midde-ooste.

20:00 Fiësta (kykNET): Sjef Vaatjie en Janina Oberholzer van Toks & Tjops kuier saam by Bela-Bela se immergewilde kykNET Buite-ekspo waar liefhebbers van die buitelewe alles kan kom leer om hul kampeerervaring onvergeetlik te maak.

20:00 Dominion (M-Net Edge): Gaan Michael vanaand die finale opoffering maak?

20:00 Fear the Walking Dead (AMC): Vanaand is die slotepisode. Travis en Madison probeer planne beraam om hul families te red.

20:00 Those Who Can't (SABC3): Marlene is terug by die skool en hou vol met haar leuen dat sy swanger is.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode word Elizabeth vernerder in die publiek tydens 'n begrotingstoespraak.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.