:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter is in sy noppies oor sy ontwerpe wat verkoop gaan word, maar dan daag Eben by hom op en plant ’n saadjie in sy kop. Vicky en Stef loop op dun ys met hul geheime verhouding.

18:30 7de Laan (SABC2): Errol vind uit sy artikel het ’n positiewe verskil in iemand se lewe gemaak. Charmaine is geskok toe David sy situasie aan haar verduidelik.

18:30 Binnelanders (kykNET): Bekommernis oor Okkie lei vir die Jonkers tot ’n kort aandjie saam met die Malherbes. Naomi word blameer vir die besoek aan ongevalle. Jana besluit hoe At eintlik moet optree en Wimpie het boererate vir ’n pasiënt.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

19:30 Fiësta (kykNET): Die US Woordfees is vanjaar 15 jaar oud en Fiësta vier die groot geleentheid saam met die fees wat hulde aan die woord bring. Die Fiësta-span besoek ook hul WOORDtroFEES, wat uitnemendheid tydens die fees vereer.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Jackson dra slegte nuus oor aan die dokters. Amelia daag onverwags by die hospitaal op en Richard gaan verras Catherine in Boston.

20:00 Proesstraat (kykNET): In Pierre van Heerden se afwesigheid is daar vir hom ’n pakkie afgelewer. Die pelle brand om te weet wat dit is en dink selfs maniere uit om dit skelm oop te maak.

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Boetie moet na ’n konferensie gaan. Barbara glo dit is net ’n verskoning om tydens werkure te drink; ongelukkig is bywoning verpligtend.