17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 About A Boy (M-Net): Die reeks is gebasseer op die topverkoper boek van dieselfde titel en bekroonde aktrise, Minnie Driver, vertolk die hoofrol.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Almal probeer op hul eie manier Astrid se dood verwerk en Vicky glo Stef is nie eerlik met haar oor sy gevoelens nie. Isabel skok Fritz met haar uitgesproke reaksie. Nico verstaan nog steeds nie hoekom hy in die tronk is nie en maak ‘n skokkende aantyging as hy van Astrid se moord te hore kom. Die polisie laat hom vry en erken dat hulle ‘n nuwe verdagte het.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula besluit dat dit tyd is om aan te beweeg en sy is opsoek na nuwe talent. Errol vermoed dat Lindile in die moeilikheid is. Hy probeer leidrade vind wat Lindile se situasie kan help.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): ‘n Verpleegster word daarvan beskuldig dat sy ‘n pasiënt se lewe in gevaar gestel het. Kobus word gewaarsku, en Adelyn en Margot moet albei ‘n baie moeilike keuse uitoefen. Frankie kry die koue skouer, en die linnekamer blyk ‘n gewilde ontmoetingplek te wees.

20:00 The Big Bang Theory (SABC3): ’n Vrou wat in die woonstel oorkant twee briljante, maar sosiaal wanaangepaste, wetenskaplikes intrek maak hul touwys van die lewe buite die laboratorium.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 Jou Show (KykNET): Adam Tas kuier in die ateljee en leer Wicus hoe om te mik en druk… Met ’n pyl en boog! Die pragtige Leandie du Randt vertel ons meer oor haar loopbaan en die pad wat sy moes stap tot waar sy nou is. Anne dryf die spot met Leandie en dan stel sy haar visier op die publiek… Die groep mans van Harmony Voices kom sing weer dinge deurmekaar!

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

20:30 David Blaine: Real or Magic (M-Net): David Blaine doen tower toertjies vir sy gunsteling bekendes en openbare figure.

23:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.