Wat is vanaand op die kassie?

18:28 Binneland (kykNET): Elvis Blue se hospitaalbesoek krap Zadie om. Jan voel seergemaak oor Bea se besluit.

19:30 Fiësta (kykNET): Die gas-aanbieder Vaughan Gardiner besoek die Kalfiefees op Hermanus.

19:59 Come Dine with Me South Africa (BBC Entertainment): Nog vier Suid-Afrikaanse vreemdelinge bied elkeen ’n ete aan en hoop om die ander deelnemers genoeg te beïndruk sodat hulle R10 000 kan inpalm.

20:03 The Big Bang Theory (SABC3): Sheldon maak uit met Amy, en die ouens raak bekommerd toe hy haar met katte begin vervang.

20:30 Homeland (M-Net): Jessica word genoop om die polisie te bel toe Dana vermis raak. Carrie vind uit dat die CIA steeds sy mag kan afdwing al is die organisasie gekniehalter.

20:30 The Amazing Race (SABC3): ’n Deelnemer begaan ’n yslike fout wat hul span buite die resies en vir die res van hul lewe sal beïnvloed.