17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam se geheue is terug en almal vrees dat hy die Villa gaan dagvaar. Stef skeer gek met Vicky oor “”n drieling en Lida vertel vir Fritz waar haar man is. Cardo staan op teen Chubby.

18:30 7de Laan (SABC2): Willem vra vir Sonja uit op ’n afspraak. Altus het ’n groot kontrak in die pyplun. Dit kan groot dinge vir die Bruynwaves-span beteken. Ty vertrou die verkeerde persoon met sy geld.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die meisies kry ’n ekstra kwarantyn-gas in hul woonstel. Daar word probeer om misverstande uit te klaar, maar kommunikasie en kwarantyn werk nie altyd so goed saam nie. Herman en Jana kry hul uitslae.

20:30 Survivor: Philippines (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers op ’n afgesonderde bestemming probeer oorleef om die miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Vanjaar word die twaalfde Suidoosterfees aangebied met ’n groter, meer uitdagende en inklusiewe program van teater, musiek en kuns as polsende vertoonvenster van Kaapse talent. Marlo Minnaar is ons gas-anbieder.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:30 kykNet Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.