17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Jare lank het Nataniël sonder hierdie heerlike, ongesonde Amerikaanse vreugde probeer leef. Onlangs het hy in Europa gesien hoe iemand met ’n unieke weergawe van hierdie gewilde sonde oor ’n stadsplein loop. Hy het die persoon agtervolg tot hy ’n foto kon neem. In hierdie episode berei hy hierdie kunswerk voor en wys daar is warmbrakke vir alle smake, selfs vir vegetariërs!

18:00 Villa Rosa (kykNET): Stef het nuus vir Fritz en is nie heeltemal verbaas toe Fritz sy misnoeë daarmee bekendmaak nie. Sussie kan die klomp se gespot nie verduur nie en kanselleer haar afspraak met Jimmy, maar verander tog van plan, tot Eben by die deur instap met nuus oor Jimmy se verlede.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Hillsiders is opgewonde oor Bobby van Jaarsveld se optrede by die klub.

18:30 Binnelanders (kykNET): Pippa is onseker oor haar aandeel in Dokter-Dokter – veral wanneer sy dit alleen moet aanpak. Quinton is oortuig daarvan dat sy ongeluk nie net ’n ongeluk was nie. Zadie en Naomi sukkel met naald en gare.

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

19:30 Fiësta (kykNET): Clanwilliam en die Cederberg-fees is sinoniem met mekaar. Hierdie fees vier die kunste in al sy vorms. Teater, musiek, visuele kuns en heerlike kos en wyn uit die omgewing speel elke jaar saam om hierdie fees ’n hoogtepunt te maak. Herman Lensing is vandeesweek die gas-aanbieder.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:30 Moeggeploeg (kykNET): Daar heers groot opgewondenheid by Moeggeploeg, want dis Vlok en Vlerkies se huweliksherdenking en hulle gaan by die Koedoeskop Motel uiteet en oorslaap vir die okkasie.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Spanne reis die wêreld plat, terwyl hulle teen mekaar meeding vir die titel van The Amazing Race-kampioene, asook die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.