Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina probeer vergeefs om Marius te help. Saskia baken grense af in haar verhouding met Stef. Gerhard en Kotie besluit gesond eet is nie genoeg nie en dat hulle oefening ook moet kry.

18:30 7de Laan (SABC2): Charmaine sit haar voet neer. Matrone word geblammeer vir Oubaas se besering. Neville en Vince kan nie glo wie vir hulle by die Times kom kuier nie.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Amerika kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode is JD in die pekel wanneer sy vrou, Dorothy, opdaag om met hom oor hul dogter te praat, en Molly word uitgedaag.

19:30 Binnelanders (kykNET): Karli se lojaliteit word bevraagteken. Steve besef daar is fout met ’n verpleegster en At wil ’n noodraadsvergadering belê. Rian en Pippa kry stry.

19:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode ontstaan ’n gyselaarsituasie by die depratement van buitelandse sake wanneer ’n man met ’n geweer losbrand.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste.

20:00 Fear the Walking Dead (AMC): In vanaand se episode is Travis in ’n stryd teen tyd gewikkel om sy seun te vind terwyl Los Angeles in duie stort.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): In vanaand se episode moet Jack tussen die nuwe vrou in sy lewe en Emily kies, en Nolan en Louise sorg vir opwinding in die dorp.

21:30 State of Affairs (M-Net): In vanaand se episode besoek Charlie die CIA-hoofkwartier in Langley om emer inligting oor die Bellerophon-sending te kry.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation ( SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.

22:00 Reign over me (e.tv): ’n Man wat nog treur oor sy gesin wat in die 9/11-terroristeaanvalle dood is, maak weer kontak met sy ou pêl.