17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Entertainment Now! (M-Net): Bly op hoogte met die nuutste ontwikkelinge in die internasionale musiek-, film- en mode-industrie.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die liefde vier hooggety by Stef en Vicky, maar dit word in die wiele gery wanneer Kaptein le Roux hom bel en Maryke hom konfronteer met ’n vreemde bewysstuk.

18:30 7de Laan (SABC2): Maria en Oubaas sweer saam teen Hilda en dit blyk net ’n hofsaak sal die konflik kan oplos. Nthabi is aan die diep kant ingegooi – sy moet die blokkasie in die drein verwyder en die TV regmaak voordat Dali huis toe kom van die werk af.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana maak dit baie duidelik waar haar lojaliteite lê en At vertel iemand sy kant van die storie. Rian laat Okkie skuldig voel oor die veldtog, terwyl Naomi nie die hart het om die taak uit te voer nie.

20:30 Survivor: Philippines (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers in ’n afgesonderde bestemming probeer oorleef om die miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Tydens Heidelberg in Gauteng se Varkfees kan jy smul aan die allerheerlikste varkvleis in al sy geure en vorme. Groot name kom tree by hierdie feestelikheid op en dan is daar ook ander vermaak vir die hele gesin.

20:30 Afri-Visie (KykNET): Ons kyk wat tydens die uitdunne gebeur het, hoor wat die kriteria is vir ’n treffer, ontmoet ons top liedjieskrywers en hoor die treffers wat deurdring na die volgende rondte.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.