18:00 Villa Rosa (kykNET): Fritz probeer verniet om vrede in die Villa te bewaar. Die slinkse Liam hou aan om Isabel te manipuleer. Wouter is gaande oor sy ma noudat hy haar aanvaar het, terwyl Sussie net elke aand wil partytjie hou. Astrid sien Wanda het haar visier op Stef en gaan klik by Vicky.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula het ’n onderhoud met Engela Fourie. Diederik ontwikkel gevoelens vir Kim. Intussen kry Herman net nog slegter nuus.

18:30 Binnelanders (kykNET): Groot opwinding heers oor ’n besoeker wat uit die buiteland kom. Tertius maak sy plan aan Daleen bekend. Rian probeer ’n middeweg vind tussen Jana en At. Pippa probeer Daleen se vrese besweer. ’n Dokter beïndruk Margot, en ná ’n droom wil Ilse twee erfstukke van Potch na Pretoria bring.

18:30 I wanna Marry ‘Harry’(M-Net): Liefde is in die lug toe ’n doodgewone Engelsman hom as prins Harry voordoen vir 12 enkellopende vroue van Amerika wat op soek is na hul eie prins.

19:30 Fiësta (kykNET): Tydens Heidelberg in Gauteng se Varkfees kan jy smul aan die allerheerlikste varkvleis in al sy geure en vorme. Groot name kom tree by hierdie feestelikheid op. Daar is ook ander vermaak vir die hele gesin, soos rofstoei, ’n pretpark en nog vele meer. Die Fiësta-span gaan vind ook ’n bietjie meer oor die dorp en geskiedenis uit. Arno Jordaan is vandeesweek die gas-aanbieder.

20:00 Proesstraat (kykNET): Melt bestuur mos sy oom se tuisnywerheid. Sy oom het hard geswoeg aan ’n troukoek en Melt het gemeen hy hou dit eerder tot Saterdag by sy woonstel veilig. Maar met die pelle wat kuier, is die koek dalk veiliger by ’n kinderpartytjie!

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Boetie en Barbara word uitgenooi na die herbevestiging van haar niggie Daleen en dié se man, Danie, se huweliksbeloftes. Boetie reken hulle maak twee keer dieselfde fout.

21:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

21:30 Nashville (M-Net): Lamar word uit die tronk vrygelaat en Teddy is glad nie gelukkig daaroor nie. Intussen vertel Tandy vir Rayna die waarheid oor hul ma se dood.