17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 About A Boy (M-Net): Will gooi ’n Halloween-partytjie en Fiona onthul ’n nuwe sy van haar.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Sussie weier om ’n voet uit haar kamer te sit. Lindie probeer tevergeefs om Marius se aandag te kry en Vicky waarsku hom teen Lindie, maar Marius erken hy kry haar jammer. Vicky besef Astrid is glad nie bekommerd oor Sussie nie en het steeds haar oog op Stef. Fritz is geskok toe Sussie eindelik met hom oor Marco praat.

18:30 7de Laan (SABC2): Sifiso en Diederick help Pulane sodat sy nie in die moeilikheid by Altus kom nie. Aggie dink Lindile jok vir haar.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Dit is Pippa se eerste dag terug by die werk. Elders stamp ’n verpleegster koppe met ’n loodgieter. At haal sy frustrasies op Jana uit. Ivanka vertel Ilse wat om omtrent die handtekening-situasie te doen. Zieg het planne met ’n ma en haar dogter, en Gustav wil nie ’n prognose waag nie.

19:30 Greys Anatomy (M-Net): Maggie probeer vriende by die hospitaal maak, maar beland net die hele tyd in die moeilikheid. Richard wil nie sy geheim aan iemand vertel nie.

20:00 Mad About You (e.tv): Genealogiese navorsing toon dat Jamie en Paul eintlik familie is.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Max en Caroline moet hul kolwyntjies by ’n kunsuitstalling voorsit, maar Johnny en sy nuwe meisie is ook daar.

20:00 Fiësta (kykNET): Die legendariese Oppikoppi is vanjaar ’n volle 20 jaar oud. ’n Hele geslag rockers en liefhebbers van gehaltemusiek het saam met Oppikoppi grootgeword en vanjaar word dit behoorlik gevier met optredes deur groepe soos Van Coke Kartel, Albert Frost, Dan Patlansky en Springbok Nude Girls. Johan Baird het saam met Fiësta in die Bosveld kom kuier.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 SA’s Got Talent (e.tv): Beoordelaars soek landwyd na Suid-Afrika se nuwe, groot ster. Van dansers tot komediante, enigiemand mag deelneem.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Bates Motel (M-Net): Norma moedig Norman aan om aan ’n toneelstuk deel te neem sodat hy nie aan mej. Watson dink nie. Intussen moet Romero die moordenaar identifiseer.

23:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.