• 18:00 Villa Rosa (kykNET): Fritz het sy bedenkinge oor die jong, sjarmante Eben. Stef ondersteun Astrid alweer deur ’n beproewing.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Emma herwin haar bewussyn, maar Aggie kom agter iets skort by haar. Koot maak sy ware gevoelens bekend.
  • 18:30 Binneland (kykNET): Bekommernisse oor Tonik lei tot ’n gesprek tussen Zadie en Nigel. Okkie maak ’n ontdekking oor sy vleis.
  • 19:30 Fiësta (kykNET): Die Bonnievale Bonanza is ’n instelling op die dorp en ’n heerlike feestelikheid vir oud en jonk. Sarah Theron het gaan kyk.
  • 20:00 The Big Bang Theory (SABC3): Leonard moet kies tussen sy nuwe meisie en sy vriendskap met Penny. Howard dryf Sheldon teen die mure uit met ’n nuwe towerkunsie.
  • 19:00 Die 86ste Oscar-prysaand (M-Net): Wees deel van die glans en glorie van Hollywood met vanjaar se geleentheid, wat deur Ellen DeGeneres aangebied word.
  • 20:30 Proesstraat (kykNET): ’n Vrouetydskrif is op soek na ’n nuwe supermodel en Van Heerden besluit hy ken die regte meisie wat kan wen: Cindy.

LET WEL: Grey’s Anatomy, The Fixer en Nashville word weens die Oscar-prysaand nie vanaand uitgesaai nie.