17:30 Marita kook (KykNET): Stephane Landwerlin is Frans en Elmarie Suid-Afrikaans. Hulle het ’n bekroonde restaurant, L’Esclafidou, in Nimes. In ’n piepklein kombuisie tower Stephane wonderlike geregte op en Elmarie hanteer die gaste professioneel.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Anthony is bekommerd oor sy dogter, maar Fran en Sussie sê hy moet haar ruimte gee. Nadine kom in Astrid se kantoor af op iets wat nie vir haar oë bedoel was nie.

18:30 7de Laan (SABC 2): Koot het dalk nou net mooi genoeg gehad en gaan Matrone nie meer probeer beïndruk nie. Gaan Annelie en Pieter vanaand finaal afskeid neem?

18:30 Binneland (KykNET): Marlien se speletjies smokkel met Gideon se kop, terwyl Zadie hulp nodig het met ’n oudisie. Sonja se stories kan die einde van haar en At beteken. Delia se lojaliteit word beproef.

19:32 Fiësta (KykNET): Die Fiësta-span woon die Ghaap River X-Treme op die Broadwater-landgoed buite Douglas by. Die musiekgroep Oros in ’n Lang Glas is die gasaanbieders.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Op April se troudag is al die dokters besig met hul eie drama. Meredith en Christina stry nog oor hulle navorsing en loopbane. Shane is in die nood. Bailey stort haar gevoelens uit teenoor Ben. Derek kry ’n oproep wat sy lewe gaan verander.

20:00 Mad About You (e.tv): Die soektog vir die perfekte dagsorg vir die drie weke oue Mabel kon nie nog vinniger gebeur het nie. Oom Phil se koepon bedrogsaak begin.

20:30 Oupa En Ouma (KykNET): Debora se suster, Retha, kom kuier om te herstel na die prosedure wat sy ondergaan het. Patience vra vir Stanley raad oor die huwelik. Debora probeer om vir Anna te leer hoe om dit te hanteer as jou hart gebreek is.