Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo wil vir Celine terughê, terwyl Jenny dit oorweeg om terug te gaan Port Elizabeth toe. Marius is bekommerd oor Bakgat se toekoms, en Vicky en Stef besef hulle gaan nie maklik van Jenny ontslae raak nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Willem speel met vuur. Gita kan nie wag vir haar nuuste plan om in werking te tree nie. Sal iemand tot Charmaine se redding kom?

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode bevraagteken Molly haar gemoedstoestand wanneer sy en JD nog ’n swanger vrou kry wat onverklaarbare simptome het, en Ethan maak die lewe vir Julia moeilik.

19:30 Binnelanders (kykNET): Christiaan is in groot moeilikheid en Daleen vrees dat Jennifer vir At gaan vertel van Ivanka. ’n Toevallige ontmoetting jaag die bloeddruk op en Daleen is ’n steunpilaar na ’n moeilike dag.

19:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode kry Elizabeth ’n presidensiële bevel om ’n krisis in Afrika te beheer, hoewel sy nie daarmee saamstem nie.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): In vanaand se episode word Emily al meer besorg oor Charlotte se welstand, en Ben ondersoek ’n onopgeloste saak.

21:30 State of Affairs (M-Net): In vanaand se episode kry Charlie en Nick SMS’e wat hul lewe bedreig, en senator Green het inligting vir president Payton oor ’n aanval op ’n konvooi.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

21:30 Two & a Half Men (SABC 3): In vanaand se episode gaan Alan en Walden na Kate se modeparade in New York sodat Walden sy ware identiteit aan haar kan onthul.