Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef, Marius en Vicky baklei hard om mekaar te vertrou nadat Jenny die bom laat bars het oor Louw. Stef het sy hande vol met Fritz, wie se vreemde optrede kommer onder die Villa-mense wek.

18:30 7de Laan (SABC2): Almal in Hillside praat oor Anna se voorbladartikel. Bernard verloor amper sy werk. Willem verras Herman deur ’n sukses van sy nuwe loopbaan te maak.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné weet vir seker wat hy wil doen na skool. Tertius en Rian reageer heftig, maar om verskillende redes, op hul vroue se planne. Van vra ’n dokter om in te gryp tydens ’n gesondheidskrisis.

19:30 Madam Secretary (M-Net): Vanaand is die eerste episode in hierdie splinternuwe reeks oor Elizabeth McCord (Téa Leoni), ’n CIA-agent wat as Minister van Buitelandse Sake aangestel word. In haar nuwe pos moet sy met vele krisisse, plaaslik en internasionaal, afreken.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste. Vanaand kuier ons by Lusito Land, ’n Portugese-fees met ’n trots Afrikaanse geur.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:30 Elementary (M-Net): In die week se episode moet Holmes en Watson ’n komplot met klomp homelbye uitrafel.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.