Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode kom lankal vergete herinneringe terug terwyl Molly die virus onder lede kry.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius kan skaars sy opgewondenheid beteuel terwyl Vicky opsien daarteen om die nuus van haar swangerskap te deel. Monique se vermoede word bevestig en dit lyk of die jong manne se brouery rigting kry.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita maak haar hart teenoor Hilda oop. Louis en Franco kom nie oor die weg nie. Sal Aggie haar vriend deur hierdie moeilike situasie kan help?

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Amerika kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius het geen idee hoe om die huidige krisis te hanteer nie. Ivanka probeer 'n situasie beredder, en Daleen kry die wind van voor. 'n Verpleegster kry uiteindelik 'n eerlike antwoord.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): Vanaand is die eerste episode van die twaalfde seisoen van hierdie immergewilde reeks. In vanaand se episode moet Meredith aanpas by haar nuwe huismaats.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode verdiep die geheimsinnigheid rondom Mallory.

20:00 The Blacklist (M-Net City): Vanaand begin die tweede seisoen. 'n Vliegtuig wat gevangenes vervoer, stort raaiselagtig neer. En Red kry met 'n nuwe vyand te doen.

20:00 Fear the Walking Dead (AMC): ’n Geheimsinnige virus breek uit en verander mense in Los Angeles in zombies. Vanaand wys die vyfde episode.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:30 Madam Secretary (M-Net): Vanaand wys Madam Secretary in 'n nuwe tydgleuf. In vanaand se episode word 'n diplomaat betrap wanneer hy een van sy werkers as gyselaar aanhou en Elizabeth moet die situasie beredder.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.