Wat is vanaand op die kassie?

19:00 The Office (M-Net Series Showcase): Darryl sukkel met sy nuwe rol as assistent streeksbestuurder wanneer Andy spog met sy roemryke voorsate. Dwight leer Erin die Dothraki taal om haar ou se opgevoede familie te beïndruk.

19:30 Fiësta (kykNET): Gasaanbieder Louis Loock is by Huisgenoot Skouspel.

20:04 Treknet (kykNET): Terwyl Boet en John visvang merk hulle op hoe baie vullis in die water is en Boet besluit om die mense wat die plek so bemors vas te vat.

20:04 The Big Bang Theory (SABC3): Sheldon besef hy gaan nie lank genoeg leef om sy bewussyn in ’n robot liggaam af te laai nie en wend ’n poging aan om sy lewe te verleng. Apple medestigter Steve Wozniak het ’n gasrol.

20:30 Homeland (M-Net): Brody raak al hoe meer desperaat en keer terug na sy geloof op soek na leiding.

21:33 Nashville (M-Net): Rayna vind die waarheid uit oor haar familie se finansies. Juliette vra Deacon om eksklusief saam met haar te toer en te skryf en is verras wanneer haar ma weer opdaag.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.