17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël is in vervoering oor herehuise, wit handskoene, grondbaronne en koetse. Hy berei geregte vir ’n hedendaagse adellike huishouding. ’n Regte, egte butler kom verduidelik sy pligte en illustreer die tydlose tegnieke van tafeldek.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie is ontsteld omdat sy so min van Louw te sien kry, want Marius, Carina en Fritz pamperlang hom van die môre tot die aand. Astrid soek witvoetjie by Fritz, maar sy en Stef sit steeds vas. Daar is ook onmin tussen Stef en Vicky. Wouter het groot planne.

18:30 7de Laan (SABC2): Die Hillsiders wonder wie tussen Matrone en Hilda die mooiste nuwe voorkoms by Neville se partytjie gaan hê. Intussen kry Marko slegte nuus. Gaan Gita ’n probleem vir Ty en Lerina word?

18:30 Binnelanders (kykNET): Okkie spring in toe hy te hore kom van Dawn se planne met Zadie. ’n Geskenk laat Karli wonder of Margot nie dalk in gevaar is nie. Gustav en Quinton kry ’n ontstellende SMS.

18:30 Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

19:30 Fiësta (kykNET): Die Vryfees is bekend as een van die koudste feeste in die land, maar moet jou nie hierdeur laat flous nie. Dis witwarm met ’n verskeidenheid voorste drama- en musiekproduksies, alles natuurlik aangebied in goed toegeruste teaters. Die fees word jaarliks op die Universiteit van die Vrystaat se kampus in Bloemfontein aangebied en vanjaar is die akteur Deon Lotz die gasaanbieder.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:30 Moeggeploeg (kykNET): Vlerkies is ontevrede met Moeggeploeg se interieur. Sy voel hulle sal meer mense trek as die plek se beeld verander word en besluit om ’n kenner op die gebied te laat kom om raad te gee.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Spanne reis die wêreld plat, terwyl hulle teen mekaar meeding vir die titel van The Amazing Race-kampioene, asook die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.