18:00 Villa Rosa (KykNET): Fritz en Wouter se verhouding is stadig besig om te herstel en Marius raai Fritz aan om meer vertroue in Wouter te hê. AJ is vuur en vlam om ’n eenheid in De Ruimtes te koop.

18:30 7de Laan (SABC 2): Sonja wil drastiese stappe doen om haar probleme op te los. Paula probeer vir Elsa Winterbach oorreed om haar artikel te publiseer.

18:30 Binnelanders (KykNET): Bea reël ’n huisvergadering om ’n besluit te maak oor Morné se toekoms en Karil vind uit oor Adelyn se huur. Zadie probeer Okkie gemoedsrus gee en Krige is aan die ontvangkant van ’n katjie se katterigheid

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateur sjefs reg oor Australië meeding vir die geleentheid om hul kookkuns se horison te verbreed en te ontwikkel, maar net een kan die titel as Masterchef wen.

19:30 Fiësta (KykNET): Die Burger en kykNET se Buite-ekspo is vanjaar vir die eerste keer op die Môreson Plaas net buite Malmesbury aangebied.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Met lewe en dood omstandighede orals rondom hulle moet die dokters van Seattle Hospitaal vertroosting, vriendskap en soms liefde bymekaar vind.

20:00 Proesstraat (KykNET): Cindy wil deelneem aan KykNET se speletjiesprogram, My Man Kan. Maar dis vir paartjies en sy vra Pierre Breytenbach om saam met haar in ’n span te wees.

20:30 Vir Beter of Baie Beter (KykNET): Barbie en Dewald wil iewers in Europa gaan toer. Barbara wil weet wie vir die toer gaan betaal? Barbie se plan is om te werk en dan te toer en weer bietjie te werk en dan weer te toer en so aan.