17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 About A Boy (M-Net): Will doen alles is sy vermoë om ’n nuwe beste vriend vir Marcus te kry.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marco draai Sussie steeds om sy pinkie en sy wil niks slegs van hom glo nie. Lindie besef sy voel nog iets vir Marius en begin dink dit is tyd dat sy uit Bloemfontein padgee. Marius en Carina is haaks, maar Vicky probeer vrede tussen hulle maak. Intussen het Stef en Astrid net sewe dae om Marco te ontmasker voor Sussie met hom trou.

18:30 7de Laan (SABC2): Almal is bekommerd oor Emma. Gita is weer besig met nuwe sakeplanne.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daar is beslis klein aardbewings gedurende ’n middagete in Amoret; twee reuse kom teen mekaar te staan. Ivanka se probleme is dalk iets van die verlede as dit van Ilse afhang. Daleen en Tertius is nie net bekommerd oor Judith se gesondheid wanneer sy verdwyn nie.

19:30 Greys Anatomy (M-Net): ’n Nuwe dokter maak haar rondtes in die hospitaal. Derek wil graag Washington toe trek.

20:00 Mad About You (e.tv): Paul en Jamie maak asof hulle sterwend is en vertel almal hoekom hulle hulle liefhet.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Caroline probeer self ’n bed bou. Intussen stuur Johnny gemengde boodskappe aan Max.

20:00 Fiësta (kykNET): Vandeesweek vier die ganse land weer saam met Potchefstroom fees met Clover Aardklop, wat onlangs weer uiters suksesvol aangebied is. Kykers kan uitsien na hoogtepunte uit die keur van Afrikaanse teater en kuns wat weer vanjaar aangebied is.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 SA’s Got Talent (e.tv): Beoordelaars soek landwyd na Suid-Afrika se nuwe, groot ster. Van dansers tot komediante, enigiemand mag deelneem.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Bates Motel (M-Net): Norman kan nie oor mej. Watson se dood kom nie en vorm ’n obsessie.

23:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.