Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam vat sy voorneme om Stef en die Villa te vernietig ’n stap verder. Celine konfronteer Cardo oor sy afsydigheid, en sy verduideliking skok haar tot in haar wese.

18:30 7de Laan (SABC2): Kim verklap ’n groot geheim. Vince laat nie meer toe dat Hilda doen wat sy wil nie. Gaan Felicity Herman of Nadia se kant kies?

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:00 Extant (M-Net Edge): Vanaand begin die tweede seisoen van hierdie wetenskapsfiksiereeks. Dit is ses maande ná die gebeure van die eerste seisoen. Molly (Halle Berry) is in ’n geestesinrigting, en ontmoet die polisieman van die toekoms JD Richter wanneer sy ontsnap.

19:30 Binnelanders (kykNET): Gustav stel Naomi en Tertius voor aan Roelf. Klasdraf klink nie na ’n goeie idee nie, en ’n blogger maak alweer moles. Sonette gee uiteindelik vir Rian ’n antwoord.

19:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode vra Elizabeth vir Alison om haar te vergesel op die staatsbesoek aan Indië.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste. Vanaand kuier ons by die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): In vanaand se episode moet Emily ’n nuwe manier kry om haar pa te ontmoet noudat Victoria weer in die prentjie is.

21:30 State of Affairs (M-Net): In vanaand se episode kry Charlie terugflitse van Nick wat Fatah ondervra oor sy betrokkenheid by ’n geheime sending.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.