• 18:00 Villa Rosa (KykNET): Lerato kan bars van opgewondenheid en almal wonder of dit iets met die nuwe gas te doen het. Wouter en Nadine kry troos en raad uit verskeie oorde.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Pulane gaan dalk ’n moeilike huurder wees. Annelie weet nie hoe om Etienne se toenadering te hanteer nie.
  • 18:30 Binneland (KykNET): Vivienne veroorsaak weereens probleme vir die Basson-gesin. Franz verkeer onder druk. Gideon waarsku Rian en Delia oor Marlien.
  • 19:32 Fiësta (KykNET): Die Fiësta-span kuier by die Darling Voorkamerfees, ’n unieke fees wat enig is in sy soort. Operasangeres Zanne Stapelberg is die gas-aanbieder.
  • 19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): April se susters kuier by haar om te help met die troureëlings. Matthew en Jackson word forseer gedwing om saam te werk. Callie en Arizona werk hard om hul huwelik te red.
  • 20:00 Mad About You (e.tv): Jamie vind ’n vreemde manier om Mabel se gehuil te stop, terwyl Paul ’n paar ure se slaap inwerk voor ’n belangrike vergadering.
  • 20:30 Oupa En Ouma (KykNET): Debora raak bekommerd wanneer Dominee ’n afspraak maak vir ’n huisbesoek. Anna stel voor hulle gee vir Dominee spesiale tee. Stanley se weiering om hul rekening te betaal het rampspoedige gevolge.