18:00 Villa Rosa (kykNET): Die atmosfeer is meer ontspanne ná ’n suksesvolle doop. Wouter is moedeloos omdat sy planne vir Fritz se partytjie nie wil uitwerk nie, maar dan kom Carina tot sy redding.

18:30 7de Laan (SABC2): David kom in die moeilikheid toe hy dinge vir Charmaine makliker probeer maak. Almal wonder hoe Nthabi gaan reageer op Paula se planne vir die Paula Prut.

18:30 Binnelanders (kykNET): Karli sien kans vir groot dinge. Morné doen die nodige stappe om mense weer in die oë te kyk. Irene dink Sonja is ’n gelukkige vrou. Tertius praat met Daleen oor die konfrontasie met Jan.

18:30 I wanna Marry “Harry” (M-Net): Liefde is in die lug toe ’n doodgewone Engelsman hom as prins Harry voordoen vir 12 enkellopende vroue van Amerika wat op soek is na hul eie prins.

19:30 Fiësta (kykNET): Wakkerstroom in Mpumalanga is ’n prentjiemooi dorpie en kom jaarliks tot stilstand vir hul musiekfees. Hierdie fees is een van die uitsonderlikste feeste van klassieke musiek in al sy vorme.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Hulle word elke dag deur die dood in die gesig gestaar, dus moet die dokters van Seattle Grace-hospitaal vertroosting, vriendskap en soms liefde by mekaar vind.

20:00 Proesstraat (kykNET): Van Heerden gaan vir ’n oudisie as nuusleser op Dagbreek, KykNET se ontbytprogram. Hy is verskriklik senuweeagtig, maar met sulke pelle wat hom bystaan en afrig, is sy senuwees dalk nie naastenby erg genoeg nie.

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Buks sluit by ’n webtuiste aan wat toeoogafsprake vir tieners reël. Dis nie lank nie of hy ontvang ’n SMS wat ’n persoon identifiseer wat 98% van sy belangstellings deel.