17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky hou ’n sterk front, maar dis vir haar erg om alleen te wees. Sonja word die huishoudster-pos aangebied. Astrid se brief laat Gunther nog meer wrokkig. Maryke speel die rol van slagoffer meesterlik, maar Anthony onttrek. Stef se teenwoordigheid in die Villa maak Nico senuweeagtig. Gunther besef hy kan nie meer vlug vir sy nuwe lewe nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Notnagels se kos van die Deli is nie op standaard nie. Bestuur Vince die besigheid in die afgrond in? Danelle ontmoet Linda vir die erste keer; die ontmoeting is egter nie alles wat sy verwag het nie.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka probeer Ilse oortuig van haar teorie, en Zadie en Adelyn sê mekaar die stryd aan. Daleen speel oop kaarte met Pippa. At keer terug van Mosambiek en tref ‘n onverwagse gas in sy huis aan. ‘n Man wat nie wil hoor nie en ‘n inbraak jaag ‘n vrou die harnas in!

20:30 Jou Show (KykNET): Die skreeusnaakse Terence Bridgett laat die gehoor kruip soos hulle lag, terwyl Joshua Na die Reën se voorsanger 'n dag saam met Wicus deurbring. En dit sal nie regverdig wees as ons hom nie laat sing nie. HemelBesem en Emo laat die tonge klap met hulle kletsrym. Anne vang bietjie vir HemelBesem uit…

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Nashville (M-Net): As jy van reekse soos Revenge en Heart of Dixie hou, sal jy gaande wees oor hierdie program. Dis ‘n Country musiek-drama uit die pen van die skrywer van Thelma and Louise.

20:40 Toevlug (kykNET fliekNET kanaal 198): ‘Toevlug’ – ’n Middeljarige vrou misbruik drank. Haar vriende is bekommerd oor haar en sy gaan na ’n rehabilitasie-sentrum vir dwelm en alkoholmisbruik. Daar ontmoet sy ander mense wat dwels en alkohol misbruik.

22:00 NCIS: Los Angeles ( SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.