Wat is vanaand op die kassie?

18:30 7de Laan (SABC2): Xander en Vanessa sukkel om ’n besluit te neem oor hul huwelik. Altus pak dalk te veel aan deur aandele in die myn te koop.

19:30 Fiësta (kykNET): Die gasaanbieder, Lianie May, kuier by die Wildsfees op Kirkwood in die Oos-Kaap.

20:02 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Barbara dreig om Boetie op ’n dieet te sit. Toe sy uitvind hy wil na ’n masseersalon gaan vir sy seer rug, word hy verban uit die slaapkamer.

20:30 Defiance (M-Net Series Showcase): Toe ’n misdadiger deur ’n ou vriend van Nolan vasgetrek word, ontstaan daar ’n rusie oor wat om met hom te doen. Nicky hou ’n oog oor Quentin en die artefak.

21:29 Numbers (SABC3): Don ondersoek ’n reeks inbrake. ’n Ou vyand bevraagteken Charlie se metodes.

22:40 Ray Donovan (M-Net): Ray se mentor hou ’n geldinsameling ter ere van sy oorlede vrou, maar sy verlede bly by hom spook. Omdat Mickey tyd deurbring saam met Bunchy en Terry, word hy deur ’n FBI-agent genader.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.