17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam besef hy het die oppermag oor Saskia en maak seker sy besef dit. Celine kan glad nie Cardo se nors houding begryp nie en probeer inligting by Eben kry. Lida beleef die moeilikste dag van haar lewe.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko stuur ’n bos rose aan Anna om jammer te sê. Bernard tree vreemd op na gister se terugflits. Paula en Xander vang Brenda in die Hillside Times.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Herman moet Oom Wimpie oorreed om hom te help en Ivanka moedig Morné aan om sy hart te volg. Rian is baie bekommerd oor Pippa en Christiaan dink hy het die antwoord op sy probleem.

20:30 Survivor: Philippines (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers op ’n afgesonderde bestemming probeer oorleef om die miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Die Oppiwater Kunstefees vind plaas op die reuse MSC Opera passassierskip. Kunstenaars kom vermaak feesgangers in die teaters van die skip.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:30 kykNet Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.