17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Geregte uit die Ooste is dikwels beeldskoon en visueel treffend, maar smaakloos of vreemd vir die Westerse palet. Daar is wel internasionale treffers soos soesji. Nataniël het gaan soek na geregte uit die Ooste wat wel met plaaslike bestanddele gemaak kan word, mooi lyk en heerlik is. Sjef Rachel Botes wys beeldskone soetgoed.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter se pogings om Lente te beïndruk ruk handuit, terwyl Carina Marius op ’n afstand probeer hou nadat hulle onskuldig saam in haar bed betrap is. Anthony keer terug uit die Kaap en is begeesterd oor botoks-behandelings, maar die Villa Rosers het hul bedenkinge. Intussen sê Lente vir Marius die groen stryd aan.

18:30 7de Laan (SABC2): Die vonke spat behoorlik toe Sifiso en Jackson mekaar in Stasie Ses raakloop.

18:30 Binnelanders (kykNET): Adelyn oorreed ’n teësinnige Frankie om die strydbyl met Karli te begrawe. Adler maak ’n aanbod aan Jana. Een van Wimpie se familielede sorg vir ’n verrassing.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

19:30 Fiësta (kykNET): Naboomspruit, oftewel Mookgopong, speel jaarliks gasheer vir hul gewilde Windpompfees. Hierdie feestelikheid is ’n prettige affêre met aktiwiteite soos ’n 4x4-vertoning, ’n skouspelagtige lugskou, die wildsveiling en ’n wêreldrekord-worsbraaipoging. Dan is daar natuurlik ook van ons land se beste musiektalent wat kom optree. Die groep Heuning is vandeesweek die gas-aanbieders.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:00 Mad About You (e.tv): Paul en Jamie help Ira met ’n kompetisie sodat hulle die winkel kan red.

20:30 The Amazing Race (SABC3): Spanne reis die wêreld plat, terwyl hulle teen mekaar meeding vir die titel van The Amazing Race-kampioene, asook die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.