17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 About A Boy (M-Net): Will se eksmeisie dagvaar hom.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Oom Gerhard se aansterking ná sy operasie plaas druk op die Villa en Sussie moet bontstaan. Carina kry ’n verrassingspakkie wat allerhande emosies by Marius en Paul wek. Astrid, Liam en Lindie speel kat en muis met mekaar en elkeen wil as wenner uit die stryd tree.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula weet hoekom Altus so vreemd optree. Nadia blameer haarself vir Dewald se siektetoestand.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Gesondheid en hartsake kan een persoon se hele lewe omkeer, en Naomi en Zadie is geskok toe Kobus die ware rede vir sy uittrede onthul. Jana wil Zieg gebruik om tot Jenny deur te dring, en dit lyk asof Daleen ’n nuwe vriend in die hospitaalgange gemaak het. Wimpie is nie beïndruk met Kobus nie, en At se gedrag bring Jenny tot ander insigte.

19:40 Greys Anatomy (M-Net): Callie en Arizona bevraagteken hul huwelik. Richard vra raad en leiding by Bailey.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): Sophie kyk of Max en Caroline goed genoeg is vir haar skoonmaak-onderneming.

20:00 Fiësta (kykNET): Hermanus is ’n uiters gewilde vakansiebestemming en wyd bekend daarvoor dat mense van heinde en verre reis om na die walvisse te kom kyk. Maar hierdie dorp is ook die trotse gasheer van die jaarlikse Kalfiefees. ’n Keur van teater en musiek, visuele kuns en sommer net lekker samesyn met heerlike kos en wyn maak deel van hierdie fees uit. Armand Aucamp is vandeesweek die gas-aanbieder.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat op ’n afgeleë eiland gestrand is, moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 Jou Show (KykNET): Suid-Afrika se eie Glam Guru, Hannon, kom kuier eindelik op die geel bank en deel sy suksesverhaal. Hy loop ook nie sonder om ’n bietjie aan Wicus se voorkoms te werk nie! Wynand en Chereé praat oor hul gesinslewe en sing vir ons een van hul bekende duette. Anne Hirsch bak weer ’n paar poetse. Die jong, soepel akrobaat Stacey kom gooi haar lyf in die ateljee rond.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Bates Motel (M-Net): Cody word vertrou met ’n donker geheim en Dylan se lewe is in gevaar.

23:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.