Dit is vanaand op die kassie:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Isabel is ontsteld omdat sy niks van Carlo hoor nie, terwyl Sussie verneem van gaste wat op pad is.

18:30 7de Laan (SABC 2): Hilda en Matrone probeer mekaar uitoorlê om die beste dekking in die Hillside Times te kry. Gaan Paula se jaloesie Kirstin se verhouding met Altus beïnvloed?

18:30 Binnelanders (kykNET): Nigel neem ’n drastiese stap en Wimpie sien ’n geleentheid.

20:00 The Big Bang Theory (SABC3): Priya se volgehoue teenwoordigheid in Sheldon en Leonard se woonstel het veranderings tot gevolg, wat Sheldon sukkel om te hanteer.

20:30 Proesstraat (kykNET): Wikus pas die woonstel op en het Pierre en Cindy genooi om Melt se nuwe TV-speletjies in te lyf, maar Cindy bring iemand saam. Is mededinging iets waarvan Wikus en Pierre hou?

20:30 The Fixer (M-Net): Die Withuis moet die gevolge hanteer van ’n skok-aankondiging van die adjunkpresident, Sally Langston.