17:30 Marita Kook (KykNET): Johan Bernard is sedert 1999 in beheer van die kombuis van die gewilde gastehuis Ma Cachette in die suide van Frankryk. Pierre Knoesen doen die res en Fritz , ’n gebore Johannesburgse kat, hou die muisbevolking intoom.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Fran is vasbeslote om die sprankel in Sussie terug te sit, maar kom vinnig agter dis harde werk. Liam speel ’n fyn spel tussen niksvermoedende Astrid en Nadine.

18:30 7de Laan (SABC 2): Bernard verras vir Danelle. Sifiso en Pulane wonder vir hoe lank sal hul nog dié verhouding ’n geheim kan hou.

18:30 Binneland (KykNET): Rian probeer Adler laat afsien van sy planne en At se vuilspel kan hom ’n personeellid kos. Daleen wil vir Naomi konfronteer oor Nina. Nigel het nuus vir Zadie oor Tonik se personeel.

19:30 Isidingo (SABC 3): Calvin maak gereed om Europa toe te gaan, maar dis duidelik dat hy nog nie heeltemal herstel het na sy ontvoering nie. Zeb besluit om sy groeiende verhouding met Eddie te behou.

19:30 Fiësta (KykNET): Die Fiëstas is onlangs op swierige wyse in die staatsteater in Pretoria aangebied. Hierdie nasionale teaterpryse word reeds beskou as die Oscars van die Afrikaanse teaterbedryf.

20:03 Proesstraat (KykNET): Wikus is seker dat wêreldroem net om die hoekie wegkruip en hy wil dit graag met die pelle deel. Hy is mal daaroor om na sy pelle te kyk, hoekom dan nie res van die land nie?

20:30 Oupa En Ouma (KykNET): Seuna kom vra raad oor hoe om ’n goeie pa te wees. Debora is kwaad vir Stanley omdat y haar nie genoeg waardeer nie en sy besluit om vir ’n wyle die huishouding aan hom oor te laat.

21:30 Nashville (M-Net): Rayna se liefdesdriehoek met Deacon en Liam bereik ’n hoogtepunt. Intussen beskuldig Juliette se ma vir Dante van bedrog. Teddy konfronteer vir Peggy oor bewerings wat Rayna se suster gemaak het.