17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius en Carina hunker na mekaar, maar ’n toekoms saam lyk skraal. Kotie maak die lewe vir Gerhard moeilik en Gerhard besluit om teenoor Fritz te bieg. Eben vind ’n manier om ’n vriend vir Celine op te spoor.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula is opgewonde oor haar pa se besoek. Almal gis oor die skaduwee wat vir Charmaine agtervolg. Felicity se geluk hang aan ’n draadjie.

18:30 Britain’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Brittanje kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode dink JD Julie het dalk iets te doen met John se dood, en Molly vind uit Ethan lewe nog.

19:30 Binnelanders (kykNET): Dit is duidelik dat Morné die matriekafskeid baie geniet het. Die verpleegsters ontmoet vir Steve. Gustav en Karli deel ’n teer oomblik en die raad sal moet besluit oor Jana se toekoms.

19:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode bekyk Elizabeth die vliegtuigongeluk en vind iets openbarends uit.

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste.

20:00 Fear the Walking Dead (AMC): In hierdie rillerreeks word daar gekyk na hoe die lewe was voor die zombie-apokalips die beskawing uitgewis het, soos gesien in The Walking Dead. In die eerste episode word die inwoners van LA gewaarsku om binnenshuis te bly, want ’n nuwe “griep”-virus is besig om te versprei.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

20:30 Revenge (M-Net): In vanaand se episode kom Emily nader aan die waarheid ná haar noue ontkoming met David se aanvallers. Victoria word uit die hospitaal ontslaan.

21:30 State of Affairs (M-Net): In vanaand se episode breek ’n student wat bande met ’n terroristesel by die Withuis in.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.