18:26 Binneland (kykNET): Quinton pak sy goed en loop weens Delia. Jessie wys sy skelm kant.

19:30 Fiësta (kykNET): Die oud-Springbok Breyton Paulse is die gasaanbieder en besoek die 30ste jaarlikse Knysna-oesterfees.

20:00 Mad about You (e.tv): Paul vind uit Ira het vir Jamie 10 gratis gim-besoeke gegee, maar vra haar om dit nie te gebruik nie omdat hy die gim as sy toevlugsoord beskou. Jamie stem in, maar toe word Paul se toevlugsoord in elk geval bedreig toe die gim se bestuurder hom aansien vir ’n belangrike bekende.

20:30 65th Annual Emmy Awards (M-Net): Skuif nader en kyk watter Amerikaanse TV-sterre met ’n Emmy-toekenning bekroon word. Die How I Met Your Mother-akteur Neil Patrick Harris is die gasheer.

21:30 Being Human (M-Net Series Showcase): Die derde seisoen begin. Aiden keer terug en kom agter die vampiergemeenskap het ingrypend verander. Sally sukkel om uit limbo te ontsnap.

22:30 Law & Order: Special Victims Unit (SABC3): Die span ondersoek die moord op ’n 14-jarige meisie wat met ’n poligamis getroud was.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte programinligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.