17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Entertainment Now! (M-Net): Die weeklikse insetsel sal jou op hoogte hou van die nuutste ontwikkelinge in die internasionale vermaaklikheidswêreld. Vind uit wat die nuutste flieks, modes en skindernuus van die week is.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Almal is geskok oor ’n koerantberig wat duidelik deur ’n wraaksugtige Maryke geplant is. Marius waarsku vir Gunther om vir Carina met rus te laat. Die manne is in rep en roer wanneer Nico in die Mall gesien word. Stef vermoed Maryke is nog lank nie klaar met Anthony nie en Saskia en Gunther se vennootskap is op wankelende bene.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince is vasbeslote om ’n sukses van die Deli te maak. Beteken dit dat Bonita nou tweede viool speel? Ty raak desperaat om sy reputasie te red.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Poegie en vrae oor ’n meisie sorg vir drama reeds vroegoggend, en At en Rossouw gaan koppe bymekaar moet sit om van al die probleme ontslae te raak. Zieg waarsku Susanna oor At, en Karli luister die Jonkers se praatjies af. Gustav probeer ’n fout reg maak, en Jana sien reg deur At se plan. Die meisies se woonstel is in chaos gedompel.

20:30 The Amazing Race (SABC 3): Kyk hoe die deelnemers om die wêreld rits om die een miljoen dollar prysgeld te wen.

20:00 Fiësta (kykNET): Ons gaan na die US Woordfees – ’n jaarlikse hoogtepunt op die feeskalender en ’n wonderlike platform vir almal wat ’n voorliefde het vir teater en taal. Chris van Niekerk is ons gasaanbieder.

20:30 Stroom-op (KykNET): Ons bring hulde aan een van die mees veelsydige figure in die Suid-Afrikaanse literêre bedryf, André P Brink.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.