18:00 Villa Rosa (kykNET): Fran katrol Eben in om haar met haar draaiboek te help, maar hy het sy eie wil, en kort voor lank spat die vonke! Fritz is skepties en Sussie hoopvol dat Wouter en Wanda versoen sal raak.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko en Emma is gereed om die volgende stap te neem en ’n huis te koop. Sonja en haar ma se stresvolle situasie beïnvloed hul verhouding.

18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie maak ’n skok-ontdekking. At word deur woedende dokters gekonfronteer. ’n Perskonferensie laat die Kosters besef iemand het ’n verlede wat hulle wegsteek.

18:30 I wanna Marry ‘Harry’(M-Net):  Liefde is in die lug toe ’n doodgewone Engelsman hom as prins Harry voordoen vir 12 enkellopende vroue van Amerika wat op soek is na hul eie prins.

19:30 Fiësta (kykNET): Vanjaar het RSG in samewerking met MSC Cruises en die MSC Opera vir die eerste keer ’n volwaardig Afrikaanse kunstefees op hierdie luukse boot aangebied.

19:30 Isidingo (SABC3): Rajesh en sy familie word deur ’n dreigement in die gesig gestaar. Katlego se hardkoppigheid gaan veroorsaak dat Sibeko’s uitmekaar skeur.

20:00 Proesstraat (kykNET): Melt ken toevallig Desire se held en reël vir haar ’n verrassing waar sy hom in lewende lywe kan ontmoet.

20:30 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Barbara is besorg oor Buks wat niks anders doen as om energie-melkskommels te drink om spiere te bou nie.

21:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.