17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Mom (M-Net): Die skrywer van The Big Bang Theory is die brein agter die snaakse komedie. House Bunny se Anna Faris vertolk die rol van Christy wat saam met haar ma woon en opsoek is na ’n nuwe loopbaan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef het inligting oor Nico wat hy met Fritz wil deel, maar Nico is hom een voor. Maryke manipuleer Anthony meer en meer, en Anthony weet steeds nie wie en wat sy regtig is nie. Isabel se aankondiging dat sy die land verlaat, vang almal onkant. Fritz die meeste van almal.

18:30 7de Laan (SABC2): Hillside gons oor die skandaal in Oppiekoffie. Bonita en Vince besef hoe lief hulle mekaar het en besluit om weer te probeer.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 87th Annual Academy Awards 2015 (M-Net): Kyk hoe die grootste name in Hollywoods vereer word by vanjaar se Oscars.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daar is komplikasies in Merle se toestand en foto’s is dalk die begin van Susanna se ontdekkingsreis. Merle maak haar hart oop teenoor Zadie en dit wil voorkom asof Jana haar voete begin vind. Ilse reël ’n spesiale vergadering – en besef dat sy geen idee het wat die Gouwse moes deurmaak nie. ’n Geslote deur en ’n bekentenis is dalk die begin van die einde.

20:00 The Amazing Race (SABC 3): Kyk hoe deie deelnemers om die wêreld rits om die een miljoen dollar prysgeld te wen.

20:30 Kyk wat maak ons nou (KykNET): Ons gaan voort met ons besoeke aan mense en plekke regoor Suid-Afrika wat in en met Afrikaans hoë funksie prestasies behaal.

21:30 Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels ’n politieke inslag het. Hy onthaal weekliks gaste wat dringende aktuele sake in-diepte bespreek.

21:30 NCIS: Los Angeles ( SABC 3) : Volg die avonture van hierdie uitmuntede beamptes. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel in die vloot oplos.