17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Vir ’n lang tyd het ons geglo bevrore kos is ’n euwel, en al is dit in sommige gevalle die waarheid, is daar nou bewys dat bevrore bestanddele nie altyd smaakloos, kleurloos of sonder voedingswaarde is nie. Nataniël wys ’n paar bestanddele waarsonder geen vrieskas ooit behoort te wees nie. Hy gaan leer ook dat ’n bevrore gereg nie altyd kliphard hoef te wees en tandpyn of hoofpyn te veroorsaak nie.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Eben kom met ‘n slenter vorendag om vir Astrid te uitoorlê. Maar min weet hy, hy is op dun ys! Vicky se reëlings loop skeef terwyl Carina se gemoedstoestand dit moeilik maak om met haar huis te hou. Sussie en Anthony begrawe die strydbyl en Vicky kan gevaarlike inligting nie vir haarself hou nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Is Nadia weer besig om by die verkeerde pad af te gaan? Intussen vertel Hilda vir Vince van haar vermoedens oor Oubaas.

18:30 Binnelanders (kykNET): Quinton se groeiende ego frustreer Gustav bykans tot breekpunt, en Christa se motiewe raak al hoe duideliker. Judith se eerste indruk op die Jonkers word later heroorweeg, en  Odile word in ‘n kritieke toestand opgeneem in die kliniek – die kanse lyk skraal dat sy dit gaan oorleef.

18:30  America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Fiësta (kykNET): Die Fiësta-span en die gas-aanbieder Louis Loock kuier vandeesweek in die prentjiemooi dorpe van Greyton en Gedadendal in die Overberg vir hul jaarlikse “Classics for All” Klassieke Musiekfees. Hierdie fees fokus op ligte en toeganklike klassieke musiek en feesgangers word dwarsdeur die naweek vermaak met pragtige konserte. Die ATKV Gala-konsert is een van die hoogtepunte. Benewens die konserte in die verskeie kerke, neem die restaurante ook deel en word heerlike kos bedien, terwyl daar ook in die restaurante musiek gemaak word.

20:00 Two And A Half Men (SABC3): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

20:00 Mad About You (e.tv): Oom Phil gaan terug hoërskool toe. Intussen pla Lisa se nuwe borsinplantings vir Paul.

20:30 Survivor 24: One World (SABC3): Deelnemers wat gestrand is op ’n afgeleë eiland moet teen mekaar meeding vir oorlewing en ten einde die wengeld.

20:30 The Good Wife (M-Net): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur toe haar man weens korrupsie tronk toe gestuur word.

21:30 The Knick (M-Net): Trackery en Bertie het ’n nuwe prosedure om uit te toets in die operasiesaal. Everett probeer om vir Eleanor te help.

22:30 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek noodsaaklike kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar.