Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Doctors (M-Net City): Het jy ’n kwaal waaroor jy wonder? Die mooie dokters van The Doctors bespreek elke moontlike siektetoestand onder die son!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky vertel vir Marius die skokkende nuus, maar dis duidelik dat sy geheel en al in ontkenning is. Ilse hoor iets wat sy nie moes nie en Liam moet vining dink om sy spore dood te vee.

18:30 7de Laan (SABC2): Vanaand maak 7de Laan geskiedenis. Kyk beslis!

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Boom veroorsaak groot moles by Kiepersol, en Jana maak ’n goeie eerste indruk. ’n Ontgroening is dalk die begin van groot dinge, en ’n onverwagse besoeker by Nagskof word nie met ope arms ontvang nie.

19:30 Grey’s Anatomy (M-Net): Vanaand is die slotepisode in die elfde seisoen van hierdie immergewilde hospitaalreeks. Wie gaan lewe? Wie gaan sterwe? Vind vanaand uit!

20:00 Fiësta (kykNET): Skud jou fees-vere reg en kom toer saam met Fiësta na ons land se lekkerste en gewildste feeste. Vanaand kuier ons by die SA Kaasfees op Stellenbosch.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:30 Elementary (M-Net): In die week se episode moet Holmes en Watson weer ’n spul skermutselinge uitoorlê.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:30 CSI: Crime Scene Investigation (SABC 3): Volg die avonture van hierdie uitmuntede forensiese kenners. Elke week probeer hulle ’n nuwe raaisel oplos.