Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Extant (M-Net Edge): In vanaand se episode is Molly angstig om haar seun se lewe te red ná 'n aanval op die gebou waarin sy haar bevind.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef probeer Saskia oortuig dat hy haar wil help om haar suster te vind. Lida vis oor Hanna se persoonlike lewe en Carina sit haar voet neer wat Marius en Vicky betref.

18:30 7de Laan (SABC2): Matrone daag Hilda uit in 'n bakkompetisie om te sien wie die beste bakster is. Vince is bekommerd oor sy huwelik.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Amerika kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ivanka waarsku Adelyn oor haar nuuskierigheid. Steve stel 'n kantoorbestuurder aan, en Naomi sien moeilikheid broei, terwyl onweerswolke saampak in drie huishoudings.

19:30 67ste Primetime Emmy-pryse (M-net): Sien al die glanspaartjies op die rooitapyt vir die grootste spoggeleentheid in die wêreld van televisie by vanjaar se Emmy-pryse. Andy Samberg is die aanbieder. Wie gaan wen? Wag en kyk!

20:00 Fiësta (kykNET): Die Gariepfees is Kimberley se eie trots en spog met 'n feesspyskaart van toneel, musiek en kunste wat kunsliefbehhers, en almal wat lus is vir 'n lekker tyd, sal verlei. Die groep 'Anders' is ons gasaanbieders.

20:00 Dominion (M-Net Edge): Vanaand begin die tweede seisoen van hierdie wetenskapsfiksie-reeks. Alex het die aartsengel Gabriel in sy tempel gekonfronteer. Hy en Noma oorleef die aanval.

20:00 Fear the Walking Dead (AMC): ’n Geheimsinnige virus breek uit en verander mense in Los Angeles in zombies. Vanaand wys die vierde episode.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.